Biggest Question

Hierdie vraag kom lê vroegdag by my en ek kou hieraan, want ek kan nie in alle opregtheid en eerlikheid vir myself hierdie vraag so 100% antwoord nie.

It all starts with the biggest of questions – Who / What is occupying you ?

Because that is what is going to occupy your space.

Dat ons ongelooflik versigtig moet wees met wie en wat ons ruimtes vul is ‘n realiteit wat ons somtyds vergeet.

Faith

empty

Dit is nog net vier slapies dan rol my Gloria-wiele Kalahari toe.  My broerskind tel saam met my slapies en het my gister herinner dat ek en sy ‘n bed gaan deel ‘want ek mis jou net te veel Tannie Sonja’.  My hart is loodswaar – tog klop dit warm custard op hierdie Maandag want iemand iewers tel slapies dat hulle by my kan wees.  

faith includes noticing the mess, the emptiness and discomfort and letting it be there until some light returns

Drome

wilderness

Die wind het ysig om my gevou terwyl die sproei van die see vlindersag op my gesig geval het. Al wat ek kon hoor was die gedreun van die branders teen die rotse. Uit die hoek van my oog sien ek beweging, dit is ‘n meeu. Alleen teen die stormwind dans hy op die lugstrome. Met my oë toe luister ek na die lied van die see. My leegheid vul ek met die klam soutlug.

Nadat ek uit die droom wakker geword het, het ek lank op die stoep gaan sit. Die naggeluide vreemd bekend op my oor. Kruisbeen op die stoel het ek nog ‘n dag ingewag. So op my eie het die besef kom sit in my dat die seisoen weer draai. Die son lig sy kop weer meer berg se kant toe op.

Ek wil so graag my tone gaan druk in die seesand en voel hoe die branders om my bene spoel. Ek wil so graag op my rots gaan sit en net vir ‘n bietjie voel. Ek wil so graag …. nie te bang wees vir die emosies wat saam met my see gaan. Ek wil so graag net weer na my see toe gaan.

Drome het die manier om jou hare verkeerd te vryf en jou te herinner aan wat jy wegpak uit vrees.