…en so leer ek toe

Vandag het ek geleer dat as jy die afgelope week baie baie sleg geslaap het en ‘n fenominale spasm tussen jou skouers het jy onder geen omstandighede Voltarens moet drink nie.

Vandag het ek geleer dit help jou bôggerol om te eet nadat jy te sterk pille gedrink het op ‘n leë maag.

Vandag het ek geleer dat jy kan wraggies kan gaap dat jou ore tuit.

Vandag het ek geleer dat nie eens ‘n blikkie van die beste energie drankies (wat ek net nooit drink nie) jou gaan regruk nie.

Vandag het ek geleer dat as jy soos ‘n haas met oop oë sit en slaap gaan jou kollegas vir jou oogdruppels gee en sê : jy lyk glad nie lekker nie, knip net jou oë  ‘n slag.

Vandag het ek geleer hoe lank ‘n minuut kan wees.

Vandag het ek geleer dat jy wel diskreet ‘n kwylstreep van jou wang kan afvee.

Vandag het ek geleer – so waar as wraggies ek het geleer – dat daar geen salf te smeer is aan onbesonne oomblikke nie.

= )

We found love

Jy moet net saam met hierdie kindertjies glimlag! Ek het lanklaas ‘n musiekvideo in my hart gevoel soos hierdie een.

Now we’re standing side by side
What it takes to come alive
the way I’m feeling I just can’t deny
Got to let it go

We found love in a hopeless place (tu me pata, tu me pata)
We found love in a hopeless place (mapenzi, mapenzi we)

Shine a light through an open door
Love and life, I will divide
Turn away cause i need you more
Feel the heart beat in my mind

It’s the way I’m feeling I just can’t deny
But I’ve got to let it go

We found love in a whole new place (mapenzi, mapenzi we)
We found love in a whole new place (mapenzi, mapenzi we)

We found love in a whole new place
We found love in a whole new place
We found love in a whole new place
We found love in a whole new place

We found love
We found love

Tu me pata mapenzi we (mapenzi, mapenzi we)
Tu me pata mapenzi we (mapenzi, mapenzi we)
Tu me pata mapenzi we (mapenzi, mapenzi we)

Trust His presence

silence

 

Môre moet ek alleen staan midde ‘n emosionele oorlog. Ek verstaan nie. Die vrae rolbos sonder ophou deur my gedagtes.

Die onseker maak my een ongelooflike mislike enetjie mens om naby te wees. Die vrees lê verlammend op my bors.

Ek is stil eenkant agter my mure, word nie eens meer kwaad nie, skiet sommer uit die heup woorde met ‘n leë gesig.

Nugter weet wat môre gaan gebeur, maar ek sal uitstap met my integriteit en waardes in plek. Wat die prys ook mag wees.

Nog nooit in my lewe was ek so alleen-bang soos nou nie.

Somtyds wens ek die trane wat so onmenslik seer agter my oë brand wil breek deur die damwal.