Die proverbial pawpaw het die fên in passionpink geslaan in my lewe.
Die skade waarde (bestaan daar ooit so woord of konsep?) van Gloria het vandag sy pad gevind tot by my.
Ek en Engelkind benodig ‘n middelman wat vrederegter kan speel. Twee vrouens so op hul eie is nie altyd goed nie. Veral nie as een hap aan 18 se gat nie.
‘n Persoonlike aanval is geloods op my vermoë om my werk te doen. Meer as eenkeer het ek al die sandput gaan soek wat ingebring is toe ek nie opgelet het nie.
Ek en my geliefde see is steeds bedonnerd vir mekaar – dus is oor en weer kuier nie op die tafel nie.
My kop neurie konstant “You are my sunshine – My only sunshine” – ek vermoed haasore gaan nie eens meer help nie.
Ek het Luke 1 : 37 and I’m faithing it, want self het ek geen oplossing of antwoord of plan of benul hoe ek my kop kan oplig terwyl ek glimlag en my skouers terug trek nie.
Eers as ek ophou om my blessings te sien en eers as ek ophou om dankie te sê sal ek bekommerd word – tot dan sug ek diep en faith ek dit.
Somtyds wens ek kak en drama kan een een aanmeld vir diens.
Somtyds wens ek dat ek die foon nou kon optel en my Dad se stem hoor wat sê ‘Is oraait Ousus, ons vat dit tree vir tree’
