Soms is musiek al wat jy het
Tag Archives: musiek
Ek Onthou
Ek verlang my wortel-wêreld baie die afgelope tyd. My hartsmense lê swaar op my hart en ek sal my voortande verruil vir ‘n beker tee saam met my sielsvriendin. Ek sit en ploeg deur ‘n berg werk en die mense jaag mekaar weer net nie met messe in die gange op en af nie. All-and-all ‘n absolute lieflike Dinsdag.
My genadegawe is dat ek ‘n eie gaatjie het met ‘n deur wat ek kan toemaak. Musiek is my ontvlutgting en hierdie juweel kruis my pad weer vandag. Dit neem my op ‘n pad vol onthou toe ek kind was en ons vakansies met die karavaan iewers heen gegaan het. My Dad was ‘n suiwer 100% Namakwalander. Sy hart het daisies-gepomp en groente was iets wat my ma hom geleer het om te eet. My mamahen is ‘n Suid-Kaap kind wat musiek in haar are het. Sing en musiek is soos asemhaal vir daardie deel van my wortels. As ek ooit die kosbaarheid kan hê wat hulle gehad het, sal ek elke liewe dag onthou om dankie te sê vir die geskenk van Bo.
Wie kan Hooked on Classics onthou? Ek sien voor my oë hoe my groter as die lewe Namakwalanner Dad sit agter die stuurwiel en neurie met sy diep basstem terwyl die wysvinger ritme hou en my ma wat hand op sy been sit en soprano saam met hom neurie.
Ek het gesoek tot ek hierdie groot gunsteling van my Dad gekry het.
Somtyds word vrede oor jou pad gestuur op die einaardigste manier.
- Piano Concerto no. 1 in B flat minor Op 23 / Tchaikovsky
- Flight of the Bumblebee / Rimsky-Korsakov
- Symphony no. 40 in G minor / Mozart
- Rhapsody in Blue / Gershwin
- Karelia Suite Op 11 / Sibelius
- Symphony no. 5 in C minor Op 67 / Beethoven
- Toccata in D minor / JS Bach
- Serenade no. 13 in G major – ‘Eine Kleine Nachtmusik’ / Mozart
- Symphony no. 9 in D minor Op 125 / Beethoven
- Overture to William Tell / Rossini
- Le nozze di Figaro / Mozart
- Romeo & Juliet Fantasy Overture / Tchaikovsky
- Trumpet Voluntary / Clarke (the listed title is a common misconception; the correct title is “Prince of Denmark’s March”)
- Hallelujah Chorus / Handel
- Piano Concerto in A minor Op 16 / Grieg
- March of the Toreadors / Bizet
- 1812 Overture / Tchaikovsky