Random

Dit is dag 2 van week 16 van die jaar 2013.  Ek is moeg tot in my binneste, maar elke dag glimlag ek.  Elke dag sien ek iets mooi.  Elke dag besef ek hoe deurmekaar random loskop kind van kleur ek eintlik is. = )

My alfabet wil nog nie lekker sinvolle woorde vorm nie, so ek deel sommer vir sommer vandagRandom met julle

troos koekie

Oreos, Peanut Butter and Brownies – Works great in a Muffin Pan OR Brownie Pan.

Spray pan or use liners. Place Oreo, top with peanut butter, another Oreo, more peanut butter…. then top with prepared Brownie Mix. Bake at 350 for 20 minutes.

Ek gril vir my sewe skakerings van swart vir soetgoed, maar hierdie  gaan ek bak en elke krummeltjie soet in my binneste intrek.  Daardie kombinasie van smake en lekker wil ek happie vir happie geniet terwyl ek ‘n merske beker tee drink.  Die feit dat dit 3 bestandele en ‘n enkele sin lank resep is werk natuurlik 300% vir my.

dad

Vandag meer as enige ander dae tot nou wens ek dat ek met my Dad kon gesels.  Ek sou graag weer wou hoor hoe hy diep uit sy maag lag en sê : Ai ousus, wat gaan ons maak met jou en my dan styyyyyyf vashou teen sy groot lyf en skielik is alles oraait.

 Ek mis ook my weskus-vriendin wat met haar rustige geaardheid die grootste chaos hanteerbaar laat lyk.  Ons verskil soos dag en nag, maar daar is nie ‘n mens wat my beter ken as sy nie.  Die wonderlikste is dat sy my lief het net soos ek is.  Geen geld kan dit koop nie.

Herfs is my tweede gunsteling seisoen en so partykeer as ek laf deur die blare loop en dit skop en luister na die storie wat dit vertel, wil iets in my wens dat ek ook iemand het wat dit saam met my wil doen.  Die nuwe seisoen klop en ek kan sien hoe die natuur regmaak vir die kamma-dood van winter.  My energievlakke is op ‘n laagtepunt, maar my binneste word op ‘n manier rustig saam met die seisoen wat draai.

Vandag staan ek tussen mense wat asemhaal in my spasie en dit kriewel oral op my en skielik dink ek net aan my sielsvriend en ek wonder – wanneer laas het ek net dankie gesê dat hy moeite doen dat ons kontak behou.  Wat my op ‘n rits dankie-sê oomblikke afgesit het tot ek voor die teller gaan staan het en die persoon herhaaldelik op my genies het.  Teen ‘n spoed wat enige renjaer met jaloerse oë na my sal laat kyk het ek terug gejaag kantoor toe en my letterlik geskrop.  Daar is nie woorde wat kan beskryf hoe lank ek daardie kiemegoed op my gaan voel nie.  Ek vryf en klap al heelmiddag. Die mense wat kastig weet het name hiervoor, ek verkies eksentriek.

Moet nooit die krag van ‘n enkele vriendelike gebaar onderskat nie.  Op ‘n dag wat ek waarlik nie geweet het of ek bo of onder is nie – is dit dag of nag en wat maak ek nog hier nie het ‘n vreemdeling geglimlag terwyl hy verbyloop en gesê – ek is mal vir jou skoene!  Skielik sien ek toe weer my super-pienk-smurfie-boots en daar lag ek vir die prentjie wat dit moet skep.

“You can’t live your life for other people. You’ve got to do what’s right for you, even if it hurts some people you love”

Somtyds kry ander seer en dit is nie maklik of lekker as jy so besluit moet neem nie.  Ek het egter geleer dat ek ook belangrik is en dat wat ek voel en wat my gelukkig maak net so belangrik is.

Einde van die Random Woorde = )