Môre moet ek alleen staan midde ‘n emosionele oorlog. Ek verstaan nie. Die vrae rolbos sonder ophou deur my gedagtes.
Die onseker maak my een ongelooflike mislike enetjie mens om naby te wees. Die vrees lê verlammend op my bors.
Ek is stil eenkant agter my mure, word nie eens meer kwaad nie, skiet sommer uit die heup woorde met ‘n leë gesig.
Nugter weet wat môre gaan gebeur, maar ek sal uitstap met my integriteit en waardes in plek. Wat die prys ook mag wees.
Nog nooit in my lewe was ek so alleen-bang soos nou nie.
Somtyds wens ek die trane wat so onmenslik seer agter my oë brand wil breek deur die damwal.
