Glashuise en Klippe

Dinsdag vang my oog ‘n artikel wat ‘n vriend op Facebook sit.  Dit gaan oor die veelbesproke optrede van Miley Cyrus en oor ek nog altyd van die kind gehou het lees ek dit.

Ek kyk nie TV nie.  Dit verveel my ongelooflik.  Ook kies ek om myself nie aan die snert bloot te stel wat ander sien as ‘entertainment’ nie.  Nuus lees ek aanlyn – weereens by my keuse vs die Beeld wat dink die kleur van Oscar se pak klere is nuuswaardig.

Soos ek verstaan het Miley die pad byster geword.  Totaal en al.  Dit is die media weergawe, want sover my kennis strek is nie een van die berigte geskryf deur iemand wat haar persoonlik ken nie.  Sy is klaarblyklik nou ‘n slet met geen waardes. O wee sulke optrede en dit nog ‘n Sondag ook en so gaan die aanmerkings aan.  Haar ouers is volgens die mense in hul glashuise ook nutteloos, want kyk hoe het die kind uitgedraai.

Ek sien egter ‘n kind wat kliphard gil dat iemand moet hoor en al wat gebeur is ‘volwasse’ mense wat klipgooi.  Keur ek haar optrede goed? Glad nie.  Gaan ek op die bandwagon spring en haar uitkryt vir ‘n slet met geen waardes?  Daar is nie ‘n manier nie.  Vir die eenvoudige rede dat ek nie weet waaruit haar seer spruit om so drasties op te tree nie.

Ek deel die artikel, want dit is die enigste een wat ek gelees het wat die situasie gesien het vir wat dit is.  Mag nog mense hoor en help eerder as klippe gooi uit hul glashuise.

I Weep for Miley

Picking up a sub sandwich today, I saw a news report on CNN about Miley Cyrus’ performance at last night’s VMA’s. I was shocked, then sickened, then saddened.

For the rest of the day, I wondered:

What kind of people are we?

What kind of culture have we created?

What do we want our children to be?

No more wondering. Tonight, I weep.

I weep for the little girl who gave us Hannah Montana and became a role model to millions of little girls across America.

I weep for the lostness of a girl who doesn’t see herself stumbling around in the dark.

I weep for the news channels that profit from their all-day coverage of a young woman spiraling out of control.

I weep for the American Idol culture that promises glitter and gold to children, then chews them up and spits them out.

I weep for an entertainment culture that celebrates the breaking of every social taboo and the casting off of every restraint, only then to turn and mock the stars that follow suit.

I weep for a tabloid culture that finds celebrity gossip and embarrassing moments titillating.

I weep for women enslaved by a false view of sexual liberation.

I weep for men (myself included) who have failed to say, “Enough is enough.”

I weep for all the times I’ve looked at women as objects and failed to see them as someone’s sisters and daughters.

I weep for the fathers of Miley Cyrus, Katy Perry, Lady Gaga, Madonna, and all the family members of all the other women who feel they have to sexualize themselves to achieve success.

I weep for my five-year-old little girl, who twirls around like a princess and hugs me tight at night, when I think of the world she is growing up in, the world I will send her into.

I weep for the broken, messed-up world we live in.

But then I weep at the power of grace.

There’s Jesus, lifting the head of a woman of the night and sending her away into the light. There’s Jesus in a crowd, healing a woman desperately trying to cover the shame. There’s Jesus at the well, transforming a woman tossed aside by multiple men.

Weeping is no longer enough. Now, I pray.

http://thegospelcoalition.org/blogs/trevinwax/

Meet Zach Sobiech

Hierdie is ‘n relatiewe lang video, maar kyk dit. Asseblief. Vir geen ander rede as dat ons gentle reminders nodig het hoekom ons vandag moet doen wat gedoen moet word nie. Eendag is nie deel van die kaarte in jou hand nie.

R.I.P Zach – he joined the angels on Monday

Gymkepades

gymkepadesGisteraand sit ek salig en mediteer op my eie in die sauna. Temperatuur net so duskant die hel met die effense mintreuk om die sinusse lekker oop te maak. Salig. Oë toe, kop teen die muur met my watertjie vir lafenis sit ek net en voel.

Dit is ‘n luukse wat ek myself vergun. ‘n Hele 20minute wat ek net niks doen nie. Niks praat nie. Niks luister nie. Net sit en niks. Partykeer sit en praat ek met my Abba. Bespreek openhartig my vrese en bekommernisse so in die stilte. Anderkere pak ek al die los gedagtes wat rond zoem in my kop weg. Elke keer leer ek iets van myself. Elke keer rus ek tot in my menswees. Elke keer wens ek myself geluk dat ek 20minute lank net niks gedoen het nie. Vir niks en niemand behalwe myself nie.

Terwyl ek in my euforiese swetende warm hel sit gaan die deur oop. Ek loer net so met die een oog en ignoreer die steuring. Asem salig in en uit met ‘n vreedsame kalmte wat ek nie kan verwoord nie.

Volgende oomblik omgeef ‘n wolk hitte my dat ek eintlik regop sit en snak na asem. Oë wat oopruk kyk en effens beneuk na die seun wat in geklok het met ‘n vraagteken duidelik op my gesig. Sal die toe gemaak onskuldig met opgetrekte skouers en waterbeker nog in die hand vir my sê : Dit is goed vir die toxins. Ek het amper my hand getoxin agter sy kop, maar rol toe net my skouers en sak terug en pas aan in die hoër temperatuur.

Alles in my het net weer lekker rustig geword sal die kind toe waar as wragtag WEER vir ons ‘n wolk hel-hitte opwerk dat my oë eintlik mistig word. Teen my gebruik vra ek hom toe – Is jy for real? Weer die onskuldige gesiggie wat vir my sê : Die hoër hitte maak die toxins uitkom. Dit help nie vir die vet nie, maar dit is regtig goed vir jou.  Dit was so amper soos dêmmit of ek het daardie kjênd en sy ‘dit help nie vir die vet nie’ oor die kop gedonner met my waterbottel.

Helaas, na 10minute se sauna was ek relatief rustig genoeg om net glimlaggend deur die water wat oor my gesig stroom vir die jong seun – wie se ma hom duidelik nie geleer het van die woord vet voor ‘n vrou nie – te sê : Sweetie, ek het duidelik ‘n gewigsvoordeel bo jou en val vir jou plat sonder om ‘n oog te knip as jy weer water op daardie ding gooi terwyl ek hier sit. Toxins of nie.

In vrede het ek my laaste 10minute gesit met geen verdere verhoogde temperature nie. Slim kind daardie – al het sy ma hom nie geleer van die woord vet nie.

Verloor

stop

Ek wonder of mens werklik besef watter voorreg dit is om te voel. Emosies is iets wat vanselfsprekend is tot jy daardie deel van jou verloor.

Trane is iets wat jy doen in die nag as die donker veilig om jou vou. Dan mag jy dubbel vou op jou stoel met die kombers krampagtig vasgeklou om jou skouers. Skouers wat rukkend mag buig onder die seer wat net nie wil toegroei nie. Die asem wat hortend oor jou  lippe kom mag jou naam fluister terwyl jy smekend bid vir vergifenis. Vir jouself.

Dan iewers verloor jy selfs dit. Daardie tikkie menswees en swakwees sterf ook. Trane brand genadeloos. Met een asemteug word jou skouers kamstig sterk terug getrek terwyl die stilte in jou weergalm.

Iewers word dit so koud in jou dat lag vreemd klink in jou eie ore. Die strakheid van swart en wit vervang elke skakering van grys en realiteit kom sit en lag honend langs jou.

Somtyds wil ‘n flikkering van warmte in jou beur deur die donker. Moedig soos ‘n skoenlapper teen die wind wil die hitte die koue verdryf. Dan onthou jy en alles word stil. Jy kyk af na jou pols en sien Vlooi ge-ets daar en besef selfs dit is ‘n leun. Net jy mag weet wat dit beteken. Vir al die ander word daar gelieg.

Nie jok nie. Jok is wat jy doen as iemand vra of jy oraait is en jy glimlaggend sê – altyd. Lieg is ‘n leefwyse. Dit is ‘n denkwyse. Dit raak deel van jou soos asem. Kom lê bittersoet soos melasse om jou.

Wanneer die tyd reg is sal ek myself kan vergewe dat ek geglo het. Tot dan sal ek oraait wees.

Die prys is betaal en ek het verloor. Dit is reg dat dit so is.