Ek stap

Today I’m admitting to defeat, yet I’m not defeated.

Ek stap met die waarheid in my alhoewel leuns gewen het.

Ek stap met ‘n gebrokenheid wat slegs tyd op ‘n manier kan genees.

Ek stap met die wete dat jy niks gedoen het nie.

Ek stap met die wete dat ek vir jou alles wat ek is gegee het en dit vir jou nie genoeg was nie.

Ek stap met die wete dat ek my veilige hawe waar my kosbaarste gedagtes veilig is moet agterlaat.

Ek stap met die wete dat ek baklei het en gevra het tot die bittereinde en jy steeds stilte kies.

Ek stap met die wete dat ek nooit die pot vol weskus se storie vir jou kan vertel nie.

Ek stap met die wete dat jy my nie eens probeer keer nie.

Ek stap met die wete dat die muur wat ek nou bou nie eens Somtyds ‘n krakie sal inhê nie.

Ek stap met die wete dat jy my vertroue en naiviteit en sielsliefde goedkoop gemaak het.

Ek stap want ek kan nie meer nie.

Ek stap want ek is nie meer nie.

Ek stap want dit is al wat oorbly om te doen.

I will not be okay for a long time, but I will be okay