Wat ‘n Jaar

Hierdie is ‘n vreemde jaar.  Sterk oppad na die middel van die einde van een hoofstuk en die begin van ‘n hele nuwe boek.  Somtyds wil ek die tydkorrels vang en ander kere wil ek dit aanjaag.

Engelkind is in haar finale jaar van skool.  Die haasbek wipgat is nou ‘n dame wat regmaak vir ‘n lewe buite die nes.  Dit is waarlik by tye onwerklik om vorms te sit en invul vir ‘n jaar (of dalk word dit twee) in Amerika.  Dit klink nog so lank tot jy die vorm scan en terug stuur. Dan skielik is dit regtig.  Nie meer ‘n eendag ding nie. Ons doen dit nou.

Ek maak reg om te leer hoe om iets meer as Mamma te wees.  My verwysingsraamwerk strek nie buite daardie woorde nie.  Enkelouer gaan eersdaags leer wat dit beteken om NIE ‘n blyplek te soek met die woorde ‘gerieflik naby skole’ nie.  Ek gaan kan terug korporatiewe wêreld toe, want die skool gaan nie bel en sê jou kind is siek en jy moet haar kom haal nie.  Is nogal nie ‘n ‘perk’ wat jy het as jy in die korporatiewe wêreld wandel nie.  Daar was die privaat maatskappye my nog altyd genadig.  Elke keer was ek nog geseënd met werkgewers wat verstaan wat dit beteken om enkelouer te wees.  Of ek gaan aanpas terug in die korporatiewe wêreld sal ons maar sien.

Dit is vreesaanjaend om reg te maak vir ‘n dubbeldoor nuwe boek en begin.  Beplanning is nie my forté nie, maar skielik sit ek met projection spreadsheets wat my laat wonder watter kleur blokkie ek NOG nie gebruik het nie.

Die een is in dollar vir Engelkind.  Die week in New York vir ‘orientasie’ moet bereken word en dan nog ‘n week se ‘werk’ voor sy haar eerste loonkoevert ontvang.  Iewers moet daar ‘n $99 dollar (wat dit nou prys) ook in berekening gebring word vir ‘n iPhone.  Hemele behoede my!  Die ander een is projeksie van kostes vir verhuising vir myself.  Nog een bevat inkomste vs uitgawes scenarios.  Wat nie baie verskil van die huidige uitgawes nie, want minus een is nie veel minder nie.  Hard soos dit mag klink.

Tussendeur besluit my kar se battery om die gees te gee.  Engelkind begin rokke kyk vir matriekafskeid.  Dinge by die werk laat my stom. Net soos ek dink die handel en wandel van die plek kan my wragtag nie meer verbaas nie, sit ek met my kake op die tafel voor my.  Dan trek ek nog ‘n dag op die kalender dood en sê vir myself : ‘Nog net 6maande’.

Hierdie jaar is ‘n vreemde jaar voorwaar.  Ek is vol positiewe energie.  Ek ry supertube saam met ‘n kosbare vriendin dat ek kan onthou ek lewe en soms lê ek in trane.  Totaal oorweldig met nie ‘n benul hoe ek die een voet voor die ander gaan sit nie.

Somtyds wonder ek hoe ek al hierdie waansin sou hanteer met iemand wat my hand vashou en sê “We can do this!”

 

Live Anyway

My whole life I’ve been telling myself “don’t be afraid”.

And it is only now that I’m realizing how stupid that is.

Don’t be afraid.

Like saying “don’t move out of the way when someone tries to punch you” or “don’t flinch at the heat of a fire” or “don’t blink”. Don’t be human.

I’m afraid and you’re afraid and we’re all always going to be afraid, because that’s the point.

What I should be telling myself is “be afraid but do it anyway”

Live anyway.

I hurt too

When you’re weary
And haunted
When your life is not what you wanted
When you’re trying so hard to find it

When the lies speak the loudest
When your friends are starting to leave
When you’re broken by people like me

I hurt too, I hurt too

When an ocean sits right between us
There is no sign that we’ll ever cross
You should know now that I feel the loss

Because I hurt too, I hurt too

Even though you are drowning in valley’s of echoes
I believe there is peace in those hills up ahead
You will climb ‘til you find places you’ll never let go
And I will also be here praying just like I said

Because I hurt too, I hurt too

Loss

snow swing

We call that person who has lost his parents an orphan and a widower that man who has lost his wife.

But that person who has known the immense unhappiness of losing a friend, but what name do we call them?

Here every language is silent and holds its peace in impotence.

Ernest Hemingway said ‘Write hard and clear about what hurts’.

How do you write about something you have no words for?