‘n Toekenning

Iewers moet ‘n mens halt roep en jouself bymekaar kry.  Jy moet gaan sit en die stukke wat jy oral laat lê het inmekaar pas dat jy kan onthou wie jy is.  Wat jy is.  Hoekom jy is.

Son het my kom haal en my uitgedaag met hierdie wonderlike toekenning.  Skies dit het lank gevat Son en WoW dat jy aan my gedink het!

Die reëls moet gevolg word – alhoewel ek baie sleg is daarmee!

Eers moet ek dankie sê vir die persoon wat my nomineer het – Dankie Son – vir die nominasie en en en en ( :

Dan moet ek hierdie mooi foto opsit

one-lovely-blog-award

Nou moet ek 7 feite / geite oor myself deel (jissie !!)

1.  Ek kan nie in ongelyke hoeveelhede funksioneer nie.  Vir niks en niemand nie.  My kos maak ek in veelvoude van 2.  As daar ‘n  ongelyke hoeveelheid enige iets in ‘n pakkie is, koop ek dit nie. Al wou ek dit hoe graag hê.

2.  Ek kan nie sonder water en wind funksioneer nie.  Dit is of my binnekant opkrimp en wegkrimp en dit word onmoontlik (of dan nou meer) om met my huis te hou.  Enige water, maar die see lê my naaste aan die hart.

3.  Ek is nie ‘n flukse huisvrou nie en het nog in my lewe nie iets ingelê of gepekel of wat mens ookal doen met flesse nie.  Stryk is ‘n volksvreemde konsep vir my. My badkamer grens aan OCD skoon terwyl daar skottelgoed in my wasbak sal staan.

4.  Ek gril my sewe soorte groen vir yoghurt.  Enige yoghurt.  In enige vorm.  Ook enige geur. Smooth of Fruity.  Alles van yoghurt laat my gril.

5.  Ek is nie ‘n girly-girl nie en het in totaal 3 stringe krale, 1 stel oorbelle, 1 hangertjie en 2 paar hakskoene.  Nou die dag het iemand gesê ek is “earthy”. Wat de hel dit ookal beteken.

6.  Ek het ‘n ongekende swak vir klippe.  Enige klippe.  Ek verf klippe. Ek sit foto’s op klippe. Ek het oral klippe om my.  Ek deel klippe uit en dra dit by die dosyne terug huis toe.

7.  Ek het geen talent vir iets gooi of vang nie.  Wanneer ek die dag iets vang of raak gooi is dit ‘n groot oomblik in ons huis en kry ek ‘n ekstra glas wyn ( :

Nou moet ek blykbaar 15 ander Blogmense nomineer wat ek lees.  Daardie gaan ek vandag nie kan doen nie, want met die halt roep het ek oral halt geroep.

Soos ek vorder deur die ongelooflike Blogmense sal ek hulle hier lys ( :

Wholeness

I actually attack the concept of happiness.

The idea that – I don’t mind people being happy – but the idea that everything we do is part of the pursuit of happiness seems to me a really dangerous idea and has led to a contemporary disease in Western Society.

Which is fear of sadness.

It’s a really odd thing that we’re now seeing people saying ‘write down 3 things that made you happy today before you go to sleep’, and ‘cheer up’ and ‘happiness is our birthright’ and so on.

We’re kind of teaching our kids that happiness is the default position.  It’s rubbish.  Wholeness is what we ought to be striving for and part of that is sadness, disappointment, frustration, failure; all of those things which make us who we are.

Happiness and victory and fulfillment are nice little thing that also happen to us, but they don’t teach us much.

Everyone says we grow through pain and then as soon as they experience pain they say “Quick! Move on! Cheer up!”

I’d like just for one year to have moratorium on the word ‘happiness’ and to replace it with the word wholeness.

Ask yourself, “Is this contributing to my wholeness?” and if you’re having a bad day, it is.

Learned

I have learned

That who doesn’t look for you doesn’t miss you

Who doesn’t miss you, doesn’t care for you

That destiny determines who enters your life, but you determine who stays

That the truth hurts only once and a lie hurts everytime you remember it

There are three things in life that leave and never returns ; words, time and opportunities

Therefore, value who values you and don’t treat as a priority whoever treats you as an option

I have learned