Try

Do you like you?

Put your make up on
Get your nails done
Curl your hair
Run the extra mile
Keep it slim
So they like you. Do they like you?

Get your sexy on
Don’t be shy, girl
Take it off
This is what you want, to belong
So they like you. Do you like you?

You don’t have to try so hard
You don’t have to give it all away
You just have to get up, get up, get up, get up
You don’t have to change a single thing

You don’t have to try, try, try, try-i-i
You don’t have to try, try, try, try-i-i
You don’t have to try, try, try, try-i-i
You don’t have to try
Yoooou don’t have to try

Ooooo, oooooo, oooooo…

Get your shopping on,
At the mall,
Max your credit cards
You don’t have to choose,
Buy it all
So they like you. Do they like you?

Wait a second,
Why should you care, what they think of you
When you’re all alone, by yourself
Do you like you? Do you like you?

You don’t have to try so hard
You don’t have to give it all away
You just have to get up, get up, get up, get up
You don’t have to change a single thing

You don’t have to try so hard
You don’t have to bend until you break
You just have to get up, get up, get up, get up
You don’t have to change a single thing

You don’t have to try, try, try, try-i-i
You don’t have to try, try, try, try-i-i
You don’t have to try, try, try, try-i-i
You don’t have to try

You don’t have to try, try, try, try-i-i
You don’t have to try, try, try, try-i-i
You don’t have to try, try, try, try-i-i
You don’t have to try
Yoooou don’t have to try

Oooooo
Oooooo

You don’t have to try so hard
You don’t have to give it all away
You just have to get up, get up, get up, get up
You don’t have to change a single thing

You don’t have to try, try, try, try-i-i
You don’t have to try, try, try, try-i-i
You don’t have to try
You don’t have to try

Take your make up off
Let your hair down
Take a breath
Look into the mirror, at yourself
Don’t you like you?
Cause I like you

Wat ‘n Dag

Vroegdag wip ek my gat vir die spreier.

Hoog genoeg dat ek op die internet ‘n manual gaan soek vir die besproeiing sisteem wat niemand in die huishouding kan werk of verstaan nie.  Ons weet net dat dit nie reg gewerk het nie, want die tuin is an’t vrek.  Daarom is dit afgesit en staan ek al om die ander dag en paai die tuin met die skilpad-spreiertjie.

Tot vanoggend wat dit nie wil spreier waar ek dit wil laat spreier nie.

Kry die manual (dank genade tog), maak notas hoe om die ding te werk en sit af na die boksie waar dit mooitjies ingebou is.  Waar as wragtag kry ek die sisteem dat ek stasie vir stasie kan maak of ek weet wat ek doen.

Vir elke stasie wat ek aansit is dit eers ‘n gehol vorentoe om te kyk watter spreiers aangaan. Die een spuit in die hemele in en die ander een boor ‘n gat in die grond in.  G’n wonder die tuin het op vrek se drempel gehuiwer nie.  Kaalvoet hol en deur die water en stel spreiers en swets en word water nat gespuit in die proses.  Stasie twee is die beddings en met modder wat wurms druk deur my tone staan en stel ek die thingamajigs dat dit actually die beddings benat.

Iewers tussen die stasies het ek begin lag.  Vir sommer oor die water so lekker is.  Oor die modder wurms tussen my tone deur druk.  Vir die gatskop lekker gevoel dat ek die ellendige spreiers reg kry.

Ses stasies, modder tot onder my kniee, ‘n streep op my rug waar die spreier my geklits het en ‘n ongelooflike breë glimlag later is die besproeiing-sisteem nou so opgestel dat ek dit kan aansit en op die trappie sit en kyk hoe die tuin genat word.

Terwyl ek my rekenaar later aansit dat die werksdag kan begin, skuif ek eers vir Katykat voor die skerm weg dat ek kan sien wat ek doen.  Die hond kom roep my en herinner my ek het effens nagelaat om sy kos vir hom te gee.  Die klok wys dit is tyd vir my mammie se medisyne en ek gee sommer Suskind se griepmengsel ook in vir haar.

Ek reël vir my opleiding môre, maak die troukaartjie se ontwerp klaar en stap uit workshop toe om te kyk hoe die verskillende vernis en stain op die hout lyk.  Onnodig tranerig vee oor my masjien terwyl ek my lilac workshop kyk wat ek steeds nie gewoond is nie.

Belaglik geseënd is wat ek is.

Daar is geen struktuur in ‘n dag nie en dit is moerse aanpassings waardeer ek gaan, maar stadig maar seker begin ek voel of hierdie huis is.

Tuinmaak

‘n Vriendin van my vertel altyd hoe tuinmaak haar terapie is.  Dit is haar eie-tyd.  Sy deel dit moeilik en die huismense moet nie krap in haar plante nie.  By gebrek aan enige vorm van tuinmaak talent – of plante aan die lewe hou – kon ek dit nooit verstaan nie.

Saam met die huis het ‘n tuin homself aangemeld by my.  ‘n Tragiese tuin wat baie duidelik bietjie liefde en water nodig het.  Neem toe foto’s, stuur dit aan en begin met my tuinmaak-klasse. Klas een behels “Water mens, baie baie water dan vat ons hom verder.”

Skemer staan ek vanoggend en “water mens, baie baie water” met tone wat krul in die gras en die unieke reuk van nat grond wat my omhels.

Vir die eerste verstaan ek die tuinmaak terapie storie.

Daar is iets heilig aan die reuk van grond wat water dankbaar sy eie maak.

Aanpassing

Met ‘n geduldige Chev tot die maksimum gelaai en twee katte het ons met baie moeg lywe gestop terug in die Weskus.

My workshop is binne 3dae oorgedoen van Dad-se-Stoorplek circa 19voetsek na ‘n lilac-skulpe-lappe gaatjie wat ek my eie kan noem.  In my des te lewens het ek nog nie so baie gelag, gehuil en gesweet nie! Die goed wat ons ontdek het, het ons regtig stom gelos by tye.  Dat my Dad ‘n nut vir elkeen gehad het mag dalk so wees, vir ons is dit egter iets wat in die kategorie “Is Jy Ernstig?” liaseer word.

Ek sukkel om gewoond te word aan vriendelike mense wat omgee.  Die novelty om ‘n foon op te tel en die buurvrou met ‘n “Asseblief, ek het vergeet om vir die hond kos uit te sit en ons is in die Kaap” te skakel en terug te hoor “Natuuuuurlik sal ek die stomme ding gaan kos gee, watter kos gaan koop ek vir hom?”.  Dit is iets wat ek vir almal vertel so WoW is dit vir my.

Ons verwerk die term Parkinsons en oor 6weke pak ons rondte twee van die behandeling.  Mens weet nie heeltemal hoe moeilik ‘n woord soos Parkinsons vorm in jou mond nie.  Eers as jy die woord moet aantrek in jou eie binnehuis, dan leer jy. Later sê jy dit sommer hardop vir jouself dat jy op ‘n manier kan begin vrede maak daarmee.

Vandag het ek ook aangemeld as vryskut joernalis en fotograaf by die plaaslike koerant.  “Ons het gesien jy is terug en kort iemand om te help asseblief.”

My elke dag is chaos en my tyd is almal s’n behalwe my eie.  Soms wonder ek hoeveel ‘n mens kan vat voor jy niks meer kan vat nie.  Dan kom druk iemand my vas en sê in my oor “Ons is SO bly jy is nou hier vir mamma”.  Dan neuk jy weer aan en begin jou dag donker vir die stilte om te kan design.

Voel dit al soos huis?  Ek is nie seker nie.  So by tye wonder ek of daar dan waarlik tyd verloop het sedert ek hier weg is.  Ander kere voel ek soos ‘n volslae vreemdeling.

My hart het vrede.  My voete sal hulle pad nog vind.