Ek is nie groot op resepte uitdeel nie. Inteendeel. Ek lees deur ‘n resep en besluit wat ek eintlik wil doen daarmee en maak iets totaal anders.
Hierdie juweel kruis my pad egter vandag of dit was gister of dalk was dit die dag voor dit reeds! Ek deel dit want enige iets wat in slegs drie prentjies met vier bestandele gemaak word sonder ‘n gemeet en geweeg is my konsep van ‘n perfekte resep = )
Dit is nog vrek lekker ook !

mmmmmh dit lyk sommer voorentoe 😉
dit proe net so lekker = )
Oooo lekker! Ek gaan dit die naweek probeer!