Die Lewe

Ek het die bedenklike voorreg om in ń kompleks van 8 eenhede te woon.  Net twee waarlik ruim woonstelle per verdieping met 4 op grondvlak.  Met die dat ek in die middel woon, word ek by tye omsingel deur geluide.

My buurman bo my se suster kuier bietjie by hulle.  Nuwe baba kom kyk en haar 3jarige herinner my hoekom ek dankbaar is my kind is kort op 18 se hakke.

Ancient hardhorende buuroom langs my is effens moeilik oor die nuwe mense op grondvlak voor my nie die etiek ken van wie waar parkeer nie.  Ek het ń soft spot vir die oom so ek help toe om namens hom te hoor en te praat.  Hy is waarlik ń sweetie pie.

Die jongmanne regs onder my hiberneer of leer of is weg geraap.  Regtig jintelmanne.  Meer as eenkeer al hulp aan gebied as ek oorlaai van goed wat ek dra (ek is nie die twee keer loop tipe nie) die trappe moet op.  Min dat mens nog sulke jongmanne kry, maar ek kan bevestig hulle bestaan wel.  Gee mens half hoop.  Vir my allegeval. 

Regs voor woon my mistery Indier way friendly bure en regs bo my ń impak studie man wat net sowel nie hier kan woon nie.  Hy is soos kroonwild.  As jy hom sien ruk jy jou kamera uit, want niemand gaan jou glo dat jy hom lewend gesien het nie .

Wat my los met my bure onder my.

Vandag bevind ek my op die stoep met my wyntjie en vleisie op die vuur. Hemelse weer en ń binne vrede wat ek vrek hard aan gewerk het.  Piano Guys voed die blok musikaal op en die katte lê uitgestrek en drink die son in.  Sus het time out saam met vriende so ek is prinses op die mishoop vandag. 

My bure onder besluit hulle gaan hulle stoep ook benut vandag.  Is hulle s’n afterall.  Nou van dag een kan ek nie vat kry aan die mense nie.  Hulle is net eenvoudig nie eende van my dam nie en is uhmmm effens kômmin op ń
Auntie Stienie manier.

Klank trek.  Mens vergeet dit.  Ek sit in my happiness pink bubble en hoor die volume styg van onder af.  Iets wat ek in die aande blok met oorfone.  Ek was nog nooit goed daarin om te luister hoe mense mekaar verbaal abuse en vergil nie. 

Volgende wat ek registreer is ń dogter van om en by 16 wat vir haar ma GIL – ag f@k jou ek het nie krag vir jou f#kken k*k nie.  Haar ma het ewe luidkeels in dieselfde trant geantwoord.  Asook verskoning gevra.

Ek is stom.  Waarlik.  Wanneer is die memo gestuur dat ouers so slapgat is met hulle kinders se opvoeding? 

Ek hou van al my bure wat die stil om my breek met hulle elke dag handel en wandel.  Dit sal my egter oneindige vreugde verskaf as my onderste bure met hul swak onopgevoede houdings wyd weg trek. 

2 thoughts on “Die Lewe

  1. As ek NOOIT weer in my lewe in ‘n kompleks bly nie, sal dit te gou wees. Ek kan vir jou rillers skryf. Veral oor die een met hakskoene wat snags bo my kop marsjeer het. En die een met die los “headboard” van haar bed…

    • Eintlik is ons ‘n aangename hopie mense agter dieselfde 6vt muur met 4vt elektriese bedrading = ) Is net hierdie vrot kol met hulle spirits-neigings wat my woes ontstig. Meeste kere geniet ek die mense om my. Stilte is net so lank gemaklik so op jou eie. Darem ek kan nie mense hoor loop of headboards hoor ‘bang’ nie!!! Dik mure rock !!

Lewer kommentaar