Theme Song

theme song

Dit is ‘n draw tussen Mission Impossible en You are my Sunshine (ja die blêddie sonnetjies sing nogsteeds in my kop) .

Eerlik opreg ek weet nie – wat ek hoor en sien is bes moontlik nie wat ander sien en hoor nie.

Skribbel bietjie wat jy dink.  Hierdie kan mos net ‘n glimlag om jou mondhoeke trek.

 

6 thoughts on “Theme Song

  1. Moeilike een! Sal self maar iets uit Beethoven of Handel kies – iets sonder woorde, reken ek.

    • Ooo ja !! Ek het self ‘n swak vir Beethoven se musiek. “To play a wrong note is insignificant; to play without passion is inexcusable.” My musiekjuffrou het daardie gebruik as ‘maatstaf’ as ek sy musiek gespeel het. Dit is steeds my motto.

  2. Splinterruit, doen dit vir my..
    My oë is ‘n splinterruit wat bly weerkaats al kyk ek uit,
    en ewebeelde dwaal verby en dra onwetend iets van my.
    Maar ek kan sing as ander vlug voor werwelwind, en bliksemlug,
    want deur die krake in die nag sien ek ‘n helder nuwe dag.
    Die oë is ‘n splinterruit, dus moet jy leer om skerp te kyk,
    wie meen jy’s blind doen onbewus dit wat presies wys wat hy is.
    Maar ek kan sien as sieners tas
    na iets wat is en altyd was
    Want hoor die reën en wind praat saam
    en in die kranse dreun ‘n Naam
    My oë is ‘n splinterruit wat bly weerkaats al kyk ek uit
    en skewe beelde hink verby en word onwetend deel van my
    Maar ek sal klim en hoër beur
    Selfs doringtakke gryp en skeur
    Want op die berg se ruwe rug
    is more vêr maar reeds in sig.

    • Funny hoe ‘n mens nie ‘n naam herken nie dan youtube jy en wOw !! ‘n Glas rooiwyn,’n vuurtjie en Ennio Morricone – life is good. Dankie vir die naam se herinner Boertjie.

Lewer kommentaar