Dit is nog net vier slapies dan rol my Gloria-wiele Kalahari toe. My broerskind tel saam met my slapies en het my gister herinner dat ek en sy ‘n bed gaan deel ‘want ek mis jou net te veel Tannie Sonja’. My hart is loodswaar – tog klop dit warm custard op hierdie Maandag want iemand iewers tel slapies dat hulle by my kan wees.
faith includes noticing the mess, the emptiness and discomfort and letting it be there until some light returns

Geniet dit baie!
Ek is so bly vir jou!
Geniet dit en kom veilig terug 😉
So dankie vir julle wat saam my bly het! Vanoggend is ek weer per sms ingelig dat dit net 3dae nog is. Ek kan nie weet wanneer en of iemand al so uitgesien het daarna om weer vir my te sien nie. Humbling is die mooi rooiwoord daarvoor.
“faith includes noticing the mess, the emptiness and discomfort and letting it be there until some light returns”… hierdie quote gaan ek heeldag by my dra ..dankie!
vat dit en maak dit joune!